Dienste
Johan Pienaar
Spreker
Ek tree gereeld op by skole, kerke, mans- en damesoggende, seminare asook kongresse. Hierdie optredes word ook digitaal aangebied.
Enkele gunsteling onderwerpe:
- Onderwys my roeping
- ‘n Leier met integriteit
- Dienaar-Leierskap in praktyk
- Die skoonheid van vrouwees
- ‘n Man van formaat
- ‘n Gelukkige gesin in ‘n gebroke wêreld
"
“Gehore vind aanklank by Johan se gemaklike, eerlike aanbiedings wat getuig van warmte, deernis en hoop na dekades se ervaring in opvoeding en leierskap.”
Johan Pienaar
Fasiliteerder
Een-tot-een sessies
In ons reis deur die lewe, het elkeen geloofwaardige mentors met lewenservaring en integriteit nodig. Persone met deernis en die bereidheid om die nodige vrae te vra sodat jy by selfontdekking en -vervulling kan uitkom.
Ek bedien graag tieners, volwassenes en paartjies. Waar nodig vind die sessies aanlyn plaas.
Loopbaan ontwikkeling
Om jou loopbaan op die beste moontlike wyse af te skop, suksesvol te wees, ná jare steeds vervulling in jou roeping te ervaar en in alles nog steeds balans te behou, is ‘n uitdaging. Ek bied persoonlike ondersteuning aan studente, beginner-onderwysers en diegene wat opnuut vreugde in hulle roeping wil ervaar
Leierskap
Leierskap word nie beperk deur ouderdom en posisie nie – ons samelewing smag na leiers uit alle ouderdomme en terreine om op te staan.
Ek het die afgelope dertig jaar leierskapervaring opgedoen op plaaslike, provinsiale en nasionale vlak en bied graag leierskampe vir skoliere en studente aan asook ontwikkeling- en strategiese beplanningsessies vir bestuurspanne. Verder is dit ‘n eer om mentorskap te bied aan individuele leiers.
Gesinne en ouerskap
Een ding wat die onderwys my geleer het, is dat ons gesinne onder geweldige druk is. Terwyl die meeste van ons antwoorde op die verkeerde plekke soek, verbrokkel huwelike en bly kinders soekend na sin en antwoorde.
Ek fokus veral op die bediening van paartjies, enkelouers en kinders.
Gereelde vrae
Hoe verloop individuele- of groepsessies?
Ek is lief daarvoor om met ‘n GRATIS konsultasiesessie te begin. Tydens só ‘n sessie maak ek seker wat die kliënt se behoefte en doelwitte is en gee dan ook vir die kliënt die geleentheid om seker te maak of dít wat ek kan bied inlyn is met sy/haar behoefte en verwagting. Hierdie sessies word geskeduleer vir ten minste 90 minute.
Ná afloop van die konsultasiesessie volg een-tot-een (of groep) sessies. Weereens laat ek ruimte vir ten minste 90 minute per sessie.
Van watter uitgangspunt maak jy gebruik?
Ek werk en leef vanuit die waarheid dat Jesus die VOLLE prys vir elkeen betaal het en dat ons in volle vrymoedigheid voor Hom kan staan en in verhouding met Hom kan tree.
Ek gebruik die ervaring van meer as twee dekades as skoolhoof en kinderbediening, saam met die beginsels van meta afrigting, in my reis saam met kliënte.
Is meta afrigting en fassilitering 'n vorm van terapie?
Nee, ons fokus nie op die verlede nie, maar wel op denkparone om innerlike potensiaal te ontsluit en verder te ontwikkel.
Daar is egter min dinge só terapeuties as om jou volle potensiaal te ontdek en met oorgawe te leef.
Fokus jy slegs op die onderwys?
Nee, hoewel ek ‘n besonderse passie het vir al die fasette van onderwys, bedien ek graag mense en spanne in die privaatsektor.
In my bediening werk ek ook gereeld met paartjies en hanteer verhoudings en aspekte soos ouerskap.
Wat is die koste per sessie?
Die konsultasiesessie is gratis.
Die koste vir kinders beloop R400 per sessie en R550 vir volwassenes.
Wat is tans van jou mees gewilde programme?
Ek glo nie daarin om individuele behoeftes en uitdagings te standaardiseer nie en werk dus baie spesifiek met individuele behoeftes.
Ek het wel ‘n raamwerk waarbinne programme soos: “Bully proof”, “Die vryheid om uniek en ‘anders’ te wees”, “Verruil selfbeeld vir Godsbeeld”, “Wees net …”, “Ek is bekoorlik” en “Man van formaat” aangebied word.
Nog ‘n gewilde program is: “Die kuns om werklik te kommunikeer.”
Gratis Konsultasie
Bespreek gerus ‘n gratis konsultasie sessie.
