POPIA
Jou privaatheid is vir ons belangrik en ons is daartoe verbind om jou persoonlike inligting te beskerm in ooreenstemming met die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA). Enige persoonlike inligting wat ingesamel word, sal uitsluitlik gebruik word vir die doel waarvoor dit verskaf is en sal nie sonder jou toestemming met enige derde party gedeel word nie.
TERME EN VOORWAARDES
- Jou toegang tot en gebruik van die webtuiste is op jou eie risiko.
- Dit is jou plig om die hardeware, sagteware, en telekommunikasielyne wat jy mag gebruik om toegang tot die webblad te verkry, in stand te hou.
- JP Mentorskap is nie aanspreeklik vir enige verlies, uitgawe of skade van welke aard ookal wat jy mag ly of aangaan as gevolg van jou toegang tot of gebruik van hierdie webblad nie, insluitend, sonder beperking, enige verlies, uitgawe of skade wat tot stand gekom het as gevolg van een van die volgende:
- ongemagtigde toegang of wysiging van die webblad deur ‘n derde party;
- die onbeskikbaarheid van die webblad;
- die vernietiging van jou data of rekenaartoerusting, of die data of rekenaar toerusting van ‘n derde party wat jy gebruik het om toegang tot die webblad te verkry.
- Jy vrywaar JP Mentorskap teen enige aanmaning, eis of regsaksie wat direk of indirek voortvloei as gevolg van jou gebruik van, of toegang tot, hierdie webblad.
- JP Mentorskap behou die reg voor om hierdie webblad op sy eie diskresie en te enige tyd te verander, op te gradeer of op te skort.
