TERME EN VOORWAARDES

  1. In die geval van aankope van ‘n hardekopie sal die boek(e) versend word sodra bewys van betaling ontvang is.
  2. As u om enige rede nie tevrede is met u aankoop nie, is u welkom om dit binne 14 dae na ontvangs terug te stuur vir ‘n volle terugbetaling. Items moet in hul oorspronklike produkverpakking teruggestuur word.
  3. As ons die verkeerde produk verskaf of as die produk op enige manier foutief of beskadig is, sal ons dit vir die regte een verruil. As die vervanging nie moontlik is nie, sal ons jou koopprys terugbetaal, insluitend afleweringskoste.
  4. Koste vir boeke wat verkeerd versend  / afgelewer is, sal deur ons gedra word, terwyl koste verbonde aan boeke anders vir jou eie rekening sal wees.