Tiener leesreeks: Leef in oorwinning
R100,00
Hoe kan ek staande bly in ‘n stukkende wêreld vol uitdagings en aanslae? Hierdie is sekerlik een van die grootste vrae in enige kind van die Here (groot en klein) se lewe. Leef in oorwinning bied lesers ‘n vars perspektief op die wapenrusting wat Jesus aan ons bemaak het en die vrede wat ons kan ervaar in Sy oorwinning.
Fritz en Bennie kan hulle geluk nie glo toe Lindie en Michelle besluit om pouses by hulle te kom sit nie – Kyle moet dit nou net nie vir hulle opmors nie! Die vyf van hulle vertrek op ‘n reis waarin hulle nuwe dieptes in hul verhouding met Jesus ontdek.
Deur karakters waarmee tieners kan identifiseer en werklike lewensuitdagings, verken hierdie boek noodsaaklike boustene in ‘n lewe van vrede in alle omstandighede:
- Waarheid – Ontdek die waarheid oor God se liefdeskarakter en die impak van Jesus se oorwinning oor die bose.
- Geregtigheid – Verstaan wat Jesus se voltooide werk vir jou beteken.
- Bereidheid – Ervaar die vreugde en vrede om alles aan Jesus oor te gee.
- Geloof – Sien soos God sien en laat Hom toe om jou van báie meer te oortuig.
- Hoop – Ervaar vrede en opgewonde afwagting in alle omstandighede
- Woord – Staan op God se woord en Jesus se oorwinning.
Leef in oorwinning is ’n uitnodiging tot ‘n onwankelbare lewe wat sal getuig van God se grootheid, genade en guns.
‘n Moet lees vir enigeen wat die vrede en oorwinning van Jesus werklik wil ervaar.
Reviews
There are no reviews yet.